Central SA
LUISTER – SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6─── 09:56 Tue, 16 May 2023
Sameswering en korrupsie het die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om uit G4S se maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein te ontsnap – en vir 'n jaar lank daarmee weg te kom.
Maar wat kan erger wees as Bester se ontsnapping? Moontlik die toesmeerdery daarvan ten koste van Suid-Afrikaners se veiligheid?
In ons volgende episode kyk ons hoe Bester meer geld vanuit Sel 35 gemaak het as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners? En hoe wyd moet die ondersoek se net gespan word – is die rol van die finansiële stelsel en Jan Taks al bekyk?
(Hierdie episode is saamgestel met inligting en argiefklank verkry uit verskeie openbare nuusbronne, soos Twitter, SAUK, eNCA, GroundUp, SowetanLive, IOL, Sunday World en Daily Maverick.)
Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35
