Central SA
Gewoontemisdadiger in Upington swaar gestraf─── 13:04 Wed, 17 May 2023
Die hoof van die Upington-speurtak se ondersoekeenheid vir handelsmisdaad, Henry Faro, het Shahieda Williams geloof vir haar harde werk om ’n gewoontemisdadiger aan te keer.
Faro sê Williams spesialiseer in huisinbrake en het Floors Matthys (32) danksy forensiese bewyse positief met verskeie huisinbrake verbind.
Matthys is Vrydag in die landdroshof in Upington tot sewe jaar direkte tronkstraf gevonnis vir sy betrokkenheid in verskeie inbrake in Upington.
Hy is ook op ’n aanklag van verkragting skuldig bevind en daarvoor is hy 15 jaar tronkstraf opgelê.
