On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Studente wil opruk na NSFAS oor betaling van toelaes

───   13:37 Wed, 24 May 2023

Studente wil opruk na NSFAS oor betaling van toelaes | News Article
UFS students protesting in February 2023. PHOTO: Facebook

Studente van verskeie Suid-Afrikaanse universiteite, insluitende die Universiteite van die Vrystaat en Noordwes, beplan om na die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) se hoofkantoor in Kaapstad op te ruk.

Verteenwoordigende studenterade van dié universiteite blameer in ’n gesamentlike verklaring die skema daarvan dat studente se pleidooie oor studiebefondsing geïgnoreer word. Die skema se nuwe direkte betaalmetode word ook gekritiseer, berig The Citizen.

Verskeie studente wag steeds op toelaes, drie maande nadat die nuwe akademiese jaar begin het, terwyl ander se finansiering verkeerdelik onttrek is. Sommige studente het slegs befondsing vir studiemateriaal ontvang, maar nie vir etes en verblyf nie.

“Studente wat teen die afkeuring van hul befondsing geappelleer het, wag nog steeds vir ’n uitkoms,” luidens die verklaring.

News24 berig studenterade waarsku dat NSFAS se nuwe betaalmetode, wat behels dat toelaes deur derdeparty-diensverskaffers hanteer word “korrupsie sal laat floreer”.

NSFAS het aangekondig dat studentetoelaes deur NSFAS-bankkaarte versprei gaan word as deel van sy digitale transformasie.

Die studenterade bevraagteken of diensverskaffers omsigtigheidsondersoeke sal doen om bedrog en korrupsie te voorkom.

“ ’n Student kan aan die begin van die jaar registreer en toelaes ontvang, en dit sal steeds uitbetaal word as hy later deregistreer – hoe gaan hierdie diensverskaffers ingelig word?”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.