On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Water uit Vanderkloofdam veroorsaak verhoogde vloei in Oranjerivier

───   13:07 Thu, 25 May 2023

Water uit Vanderkloofdam veroorsaak verhoogde vloei in Oranjerivier | News Article

Pogings om die kragskrisis in die land te verlig, word op verskeie maniere aangepak.

Een van die pogings is om elektrisiteit  op te wek by die Gariep- en Vanderkloofdam.

Die voorsitter van die Oranjerivier Landbou-unie (ORLU), Wilco Fourie, sê die water wat die afgelope tyd by die Gariepdam uitgelaat is vir kragopwekking, het onlangs die Vanderkloofdam bereik en de watervlak het tot 100% gestyg. Die uitlating van water by dié dam veroorsaak op sy beurt weer ‘n een meterstyging in die watervlak van die Oranjerivier.


Die ORLU beskou hierdie styging nie as ‘n krisis nie. Dit is egter belangrik om boere te waarsku indien hulle waterpompe binne bereik van hierdie waterstyging is. Die inligting dra ook by tot effektiewe beplanning vir skoonmaakprosesse en voorbereiding vir nog moontlike watervlakstygings.

Fourie verduidelik dat die styging en daling van watervlakke ‘n normale proses is.

Dit is belangrik dat ook Eskom, soos wat die water van bo af vloei, binne hulle opsie van 95%  tot 100%, wél water uitlaat vir kragopwekking. Die uitlating is noodsaaklik vir beurtkragvermindering in die wintertyd.

OFM Nuus/Elsabé de Jager


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.