Central SA
Bethlehem se redenaars samel komberse in vir dié in nood─── ELSABÉ DE JAGER 14:46 Fri, 26 May 2023
ATKV Bethlehem se Redenaarstak bring vanjaar vir die tiende keer winterwarmte na dié in nood.
Fires van Niekerk, takvoorsitter, sê hy sien uit na nog ’n suksesvolle veldtog, nadat meer as 1 600 komberse tydens 2022 se kombersprojek ingesamel is.
ATKV-lede, nielede asook leerders kry die geleentheid om in drie kategorieë deel te neem aan ’n insamelingswedstryd. Wenners word deur ’n gelukstrekking. Pryse sluit onder meer gratis naweekverblyf by die ATKV-oorde Drakensville, Natalia, Buffelspoort en Klein-Kariba in.
Van Niekerk rig ’n versoek aan alle belangstellendes om deel te neem aan hierdie aksie wat verligting kan bied aan so baie in nood. Behoeftige bejaardes, versorgingsentrums, motorwagte en sekuriteitswerkers is maar enkeles wat by ’n helpende hand kan baat vind.
Die skenkingsveldtog duur nog tot Woensdag (31/5).
Vir Van Niekerk en sy span is die dankbaarheid van elke ontvanger van so ’n stukkie warmte aansporing genoeg om eersdaags al weer te begin beplan aan volgende jaar se projek.
