Central SA
Vermiste vrou van die Noord-Kaap in Limpopo gevind─── 09:12 Sat, 27 May 2023
Die 56-jarige Gladys Boitumelo Mbane van Galeshewe, Kimberley is gevind in Lephalale, Limpopo ná sy op 17 Mei, 2023 laas gesien is waar sy in haar silver Ford Fiesta haar woning verlaat het.
Oplettende polisielede van Lephalale het haar erken nadat sy op die polisie se databasis vir vermiste persone, sowel as sosiale media, verskyn het.
Die ondersoekbeampte, Speursersant Donna Palm van die Kagisho-polisie in Galeshewe, het onmiddellik na Lephalale vertrek om Mbane te gaan haal. Hierna is sy met haar bekommerde, maar dankbare familie herenig.
Sam het bevestig dat die polisie gaan toesien dat Mbane en haar gesin sielkundige en sosiale ondersteuning ontvang.
Die polisie het weereens benadruk dat daar geen wagperiode is om vermiste persone aan te meld nie. Dit moet onmiddellik gedoen word.
