Central SA
Eureka se inwoners moet dalk na 'tentedorp' verskuif─── 16:00 Mon, 05 Jun 2023
“As die Zoeloes alleen op hulle eie landelike trustgrond wil bly, dan kan ons ook op ons eie private grond bly.”
Dit is die mening van Adriaan Nieuwoudt, eienaar van die die Eureka-grond waarop ongeveer 50 huise gebou is. Dit kan moontlik gesloop word as die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit ‘n slopingsbevel in die hof bekom.
Nieuwoudt en sy Eureka-beweging was besig om ’n eksklusiewe dorpie net vir wit mense te vestig. Inwoners het reeds hul huise hier gebou, toe die munisipaliteit hulle gestop het.

Geen mens kan in die karavaanpark gaan bly as dit só lyk nie.
Die munisipaliteit voer aan die oortreding van die nasionale bouregulasies en geen indiening van bouplanne het tot die hofsaak gelei.
Op 12 Junie gaan Walter Niedinger, die regsverteenwoordiger van die Eureka-inwoners, in ’n voorverhoor probeer om hul saak te beredder.
“In ’n land waar ’n groot persentasie van die bevolking in strukture sonder bouplanne woon, is hierdie saak van uiterse nasionale belang.”
Niedinger sê weens die onkoste was ’n hofsaak nie nodig nie. Die munisipaliteit kon eerder die gesinne gehelp het om die huise volgens wetgewing te laat registreer. Hierdeur kon die sukkelende munisipaliteit staatgemaak het op die eiendomsbelasting van die Eureka-inwoners.

Die toilette kan glad nie gebruik word nie omdat dit in ’n swak toestand is.
Nieuwoudt het gal gebraak, want die Eureka-inwoners het hul eie water en elektrisiteit. Hulle vra die munisipaliteit niks nie, maar sal waarskynlik in weermagtente in die dorp se karavaanpark moet gaan bly. Die ablusiegeriewe is egter morsig, stukkend en onhigiënies.
“Hierdie is my eie private grond en Eureka behoort aan die Dikdoorntrust. Die huise behoort aan die Eureka-inwoners so hulle kan in hulle maai gaan,” sê Nieuwoudt.
