Central SA
Misdadigers in die Vrystaat ná plaasaanvalle aangekeer─── 15:29 Thu, 08 Jun 2023

Die polisie het bekendgemaak dat 19 verdagtes gedurende Mei weens plaasaanvalle in die Vrystaat aangekeer is.
Op 4 Mei is Armand Roux vir die moord op Lance da Silva van Rouxville in hegtenis geneem.
Drie verdagtes is in verband met roof en moord op die plaas Geluk naby Kroonstad aangekeer.
Ses mans is kort ná die aanval op Dami en Zelda Stemmet en ’n vriendin buite Senekal vasgetrek.
Vir die moord op André van Biljon naby Oranjeville is twee persone aangekeer.
Drie verdagtes is in verband met die moord op die skaapwagter Hlompo Phale naby Sasolburg gevang.
’n Roofverdagte in aanhouding word met die moord op Mark Regal van Odendaalsrus in 2020 verbind.
Vrystaat Landbou se Veilgheid- en Risiko-ontleder, dr. Jane Buys, sê daar is groot waardering teenoor die polisie vir hul samewerking.