On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Een myner sterf, nog vasgevang, ná ou Namakwalandse diamantmyn instort

───   19:39 Sun, 11 Jun 2023

Een myner sterf, nog vasgevang, ná ou Namakwalandse diamantmyn instort | News Article
’n Onwettige myner berei aandete in ’n diamantdelwery aan Namakwaland se kus. Foto: GroundUp

Die soektog na nog oorledenes duur Maandag (12/6) voort nadat minstens een onwettige myner gesterf het en twee beseer is toe ’n tonnel in ’n uitgediende diamantmyn aan Namakwaland se kus die naweek ineengestort het.

Die voorval het Saterdag (10/6) omstreeks 10:00 in ’n ou De Beers-myn by Kleinzee plaasgevind, sê lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder. Dis moeilik om te sê hoeveel mense betrokke is omdat die myners onwettige buitelanders is.

Twee beseerdes is na die hospitaal geneem, maar die vermoede bestaan dat nog persone in die tonnels vasgekeer kan wees. Reddingswerkers het Sondag gepoog om nog liggame na die oppervlakte te bring en beplan om Maandag verder te soek.

Intussen het ’n bron na aan die voorval aan OFM Nuus gesê sewe buitelanders was betrokke. Drie kon betyds uitkom, sonder beserings, terwyl een beseerde in die hospitaal op Springbok opgeneem is. Die hospitaal het dit bevestig.

‘Die owerheid moet uitsluitsel gee oor wie waar mag delf’

Paul Swartbooi, ’n Namakaptein wat hom beywer vir diamantmynpermitte aan delwers, het die voorval betreur. Hy verkwalik die regering vir sulke mynrampe, ’n algemene verskynsel in uitgediende Namakwalandse diamantmyne, en sê die owerheid moet uitsluitsel gee oor wie waar mag delf.

Enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word gevra om die ondersoekbeampte, ao. Donald Links, by 079 529 3935 te bel.

OFM Nuus / Isaac Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.