Central SA
Tenderbedrogsaak in Springbok ná jare afgehandel─── 14:54 Mon, 12 Jun 2023
'n Tenderbedrogsaak van miljoene rand is uiteindelik vandag in die handelshof in Springbok afgehandel.
Dis ’n saak waarin die staat beweer het dat Nevie Aubrey Baartman, toe nog munisipale bestuurder by die Nama-Khoi Plaaslike Munisipaliteit, op Springbok in 2013 betrokke was.
Sy medebeskuldigde was Zihaadt (Hangkas) Cloete van Matjieskloof, buitekant Springbok.
Hulle en Cloete se maatskappy, MPG Constrution, is van tenderbedrog en korrupsie ter waarde van ongeveer R79 miljoen aangekla.
Die staat het beweer dat Baartman sy amp misbruik het sodat Cloete die tender kon kry.
AfriForum was die klaer.
Cloete en Baartman is onskuldig op die aanklagte van tenderbedrog en korrupsie bevind.
Baartman is skuldig bevind aan growwe nalatigheid en die nienakoming van munisipale regulasies ten opsigte van die munisipaliteit se finansies, volgens die NVG.
Hy sal op 14 September gevonnis word.
Cloete het na die uitspraak gesê dat hy geweet het hy is onskuldig.
