On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Opod ontevrede met ondersoek ná dood van Vrede-fluitjieblaser

───   12:06 Thu, 15 Jun 2023

Opod ontevrede met ondersoek ná dood van Vrede-fluitjieblaser | News Article
Vrede-melkplaas FOTO: OFM Nuus

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sê hy is nie tevrede met die gehalte van die ondersoek na die dood van die Vrede-suiwelprojek se fluitjieblaser Philemon 'Booi' Ngwenya nie.

Ngwenya, wat ’n begunstigde van die Vrede-suiwelprojek was, is in 2018 in sy huis op die Knelvlei-plaas buite Vrede vermoor.

Twee verdagtes word met die moord verbind, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dit het daartoe gelei dat die familie nie glo die saak kry voorkeur nie.

Die Gupta-verwante projek is in die kommissie van ondersoek na staatskaping bespreek en die kommissie het drie aanbevelings in sy verslag gemaak.

Daar is aanbeveel dat die polisie se gebrek aan optrede ondersoek word.

Die hoofondersoekbeampte van Opod, Osborne Khanye, het Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee vir die polisie gesê die waghondorganisasie doen alles in sy vermoë om uitsluitsel in Ngwenya se moordsaak te kry.

"Ons het gekyk na Ngwenya se moordondersoek wat by Vrede geregistreer was. Daar was bewerings van swak ondersoek en ontevredenheid oor die saak. Na aanleiding hiervan het Opod die speurbevelvoerder by die Vrede-polisiekantoor betrek om die status van die ondersoek vas te stel.."

LEES OOK: Outspoken #VredeDairy beneficiary killed

“Ons het reeds met die Nasionale Vervolgingsgesag hieroor vergader.”

Khanye sê Opod sal die familie op hoogte hou oor die ondersoek se vordering.

"Opod sal enige terugvoering aan die familie gee sodra dit ontvang word."

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.