Central SA
Die ‘sin’ in herbesinning - beter oplossings begin by ander denke─── 13:15 Mon, 26 Jun 2023
Sponsored13:15 Mon, 26 Jun 2023
The Crown. Nog ’n episode van Suits, óf die nuutste film wat net so duskant nommer vyf op “South Africa’s Top Ten” pronk…
Hierdie Netflix stroomdiens wat jou oë naderhand so vierkantig laat staan - dis die resultaat van herbesinning, of “rethinking”… Het jy al ooit gewonder hoe 'n beskeie DVD-verhuring-per-posdiens soos Netflix in die globale stroomdiens-reus van vandag verander het?
Dit het alles begin met iemand wat die status quo bootjie kom skud het en die vermaakbedryf op sy kop kom keer het. In die aangesig van veranderende verbruikersgedrag en ontluikende digitale tegnologieë het die leiers van Netflix die verskuiwende landskap van vermaakverbruik herken en hul hele besigheidsmodel ge-”rethink”.
Hier’s die ding: “rethinking” is nie net die superster van die vermaakbedyf nie, maar eerder ‘n alternatiewe denkwyse wat mens aanspoor, selfs noop, om nie op jou eie insigte staat te maak nie - van hoe ons met syfers werk tot hoe ons die uitdagings van die lewe hanteer.
At Lunch se Pulane Nel-Sekepe het met Reinhardt Hitge, CIMA-klerk by RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters, gepraat oor herbesinning. Luister hier:
Waaroor besin ons nou eintlik?
“Rethinking” verwys na die daad van kritiese ondersoek en bevraagtekening van vorige gedagtes, oortuigings, metodes, prosesse en die status quo. Dit behels die uitdaging van ons gevestigde idees en die soeke na nuwe perspektiewe en alternatiewe oplossings. “Rethinking” moedig 'n dieper begrip van die onderwerp aan en skep moontlikhede vir innovasie en verbetering. Deur bestaande konsepte en benaderings te herevalueer, kan individue en organisasies aanpas by veranderende omstandighede, tekortkominge aanspreek en meer doeltreffende en effektiewe maniere vind om dinge te doen.
“Rethinking” is aan die orde van die dag. Organisatoriese sielkundige, Adam Grant, glo vas: “Great minds don’t think alike; they challenge each other to think differently.” (Gaan loer gerus na dieinsiggewende potgooi reeks hier: ted.com/podcasts/rethinking-with-adam-grant)
Dit is 'n fundamentele proses wat kreatiwiteit aanmoedig,vooruitgang bewerkstellig en groei bevorder.
Anders dink oor “weer” dink - dis buite die boks denke vir ‘n rede
Weerdink, herdink, oordink... hoe ook al. Soveel keer moet ’n projek of ’n probleem herbesin word.
“Rethinking” gaan verder as bloot refleksie en behels aktiewe heroorweging van jou vorige gevolgtrekkings of idees. Dit verg tyd en intensie. Dit kan 'n kragtige instrument vir persoonlike en intellektuele groei wees. Die vraag het egter al by Reinhardt Hitge, CIMA-klerk by RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters, ontstaan:
Deur ons gedagtes en aannames vanuit verskillende oogpunte aktief te ondersoek, verkry ons 'n dieper begrip van komplekse vraagstukke en word ons perspektiewe verbreed om alternatiewe oplossings of benaderings te oorweeg. Om eksterne faktore, prosesse en mense in ag te neem bied diverse insigte en beïnvloed ons aanvanklike gedagtes.
GEVALLESTUDIE
Wanneer mens reeds oor iets gedink het en 'n bepaalde gedagte daaroor gevorm het, is dit sinvol om 'n eksterne, objektiewe rolspeler te raad pleeg om sodoende waardevolle terugvoer en insigte te verkry. Hierdie eksterne perspektief kan ons help om blinde kolle in ons denke te identifiseer en alternatiewe standpunte te bied wat ons andersins dalk nie sou oorweeg het nie.
Vanuit die gevallestudie is dit ook duidelik dat Hitge self ook as eksterne, objektiewe rolspeler optree om die “rethinking” proses te fasiliteer en verbeterde resultate te lewer wat positiewe verandering teweegbring.
Jy kan slegs buite die boks begin dink as jy eksterne faktore ook binne jou bekende boksie verwelkom.
Status quo skuiwe in praktyk
In hierdie wêreld daag groot denkers soos Albert Einstein die status quo uit en hervorm die grense van kennis. Einstein se relatiwiteitsteorie het uit sy dapper “rethinking” van Newton se fisika wette ontstaan en ons konsep van ruimte, tyden swaartekrag heeltemal omver gewerp. Sy bevraagtekening van bestaande teorieë het ’n nuwe gebied van wetenskaplike begrip ontsluit wat generasies steeds inspireer om die grense van kennis te verskuif.
Buiten Newton en Netflix, het RAiN Geoktrooieerde Rekenmeesters ook die status quo gaan herbesin…
Om ’n vooruitdenkende benadering te demonstreer, is 'n vierdag-werkweek geïmplementeer om te verseker dat werknemers voldoende tyd het om te rus, herlaai, en produktief te bly in die lewering van die bestemoontlike diens aan hul kliënte.
Nog 'n voorbeeld van hoe hul besigheidsontwikkeling en netwerk herbesin is, is die ontwikkeling van CoolDesk en Wolk. CoolDesk is 'n innoverende gemeenskaplike werksomgewing wat samewerking, kreatiwiteit en produktiwiteit bevorder. Met 'n ondersteunende gemeenskap, buigbare pakkette, netwerkgeleenthede en eersteklas geriewe, bied CoolDesk 'n ideale omgewing vir professionele groei.
Hitge meen:
Hierdie voorbeelde illustreer die ongelooflike krag van“rethinking”. Of dit nou die grense van wetenskaplike kennis verder skuif, industrieë transformeer of die finansiële bedryf revolusionêr maak, daar is meer as genoeg bewyse van hoe “dink en weer dink en saamdink” 'n katalisator vir vooruitgang is.
Of, moet ons dalk hieroor herbesin?
www.rain.org.za