On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Wanbestuur van Matlosana doen inwoners onreg aan, sê DA

───   HEIDRÈ MALGAS 11:28 Tue, 27 Jun 2023

Wanbestuur van Matlosana doen inwoners onreg aan, sê DA | News Article
Foto: verskaf

Die wanbestuur van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit is ’n groeiende kommer as gevolg van wanbestuur en swak instandhouding van sy voertuigvloot, sê die DA.

Volgens plaaslike DA-raadslid Johan Bornman, het die DA ná ondersoek en evaluering van munisipale verslae tot die gevolgtrekking gekom dat die munisipaliteit se diensleweringprobleme te wyte is aan ’n disfunksionele voertuigbestuurstelsel.

“Van die 540 voertuie is 262 tans buite werking, wat slegs 278 funksionele voertuie oorlaat om die inwoners van Matlosana te bedien,” sê Bornman.

Hy het bygevoeg dat die gebrek aan werkende voertuie die munisipaliteit se vermoë om noodsaaklike dienste te lewer, soos die herstel van water- en rioollekkasies, die aanspreek van elektrisiteitsonderbrekings, die instandhouding van paaie en die bestuur van afvalverwydering, aansienlik bemoeilik.

Hy het gesê die situasie word verder vererger deur die feit dat die munisipale voertuigwerkwinkel ook disfunksioneel is.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.