Central SA
Britse belegger verloor R147 miljoen in transaksie met Noord-Kaapse myneienaar─── ZENANDE MPAME 14:11 Fri, 30 Jun 2023
’n Myneienaar in die Noord-Kaap word daarvan aangekla dat hy ’n Britse belegger uit R147 miljoen bedrieg het nadat hy hom na bewering oorreed het om in ’n mynmaatskappy te belê.
Christopher David Kimber (62) het hom Woensdag (28/6) aan die Valke oorgegee en dieselfde dag in Kimberley in die hof verskyn.
“Kimber staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery en is op borgtog van R100 000 vrygelaat,” sê die provinsiale woordvoerder van die Valke, Bonnie Nxumalo.
Hulle het in 2013 vergader en die sakeman sou ’n belang van 50% in die maatskappy bekom het.
“Die sakeman het R147 miljoen in Kimber se bankrekening inbetaal, maar die geld is na sy persoonlike bankrekeninge oorgeplaas,” sê Nxumalo.
Die sakeman het dit by die polisie aangemeld nadat hy besef het dat geen belegging gedoen is nie. Die Valke se ondersoek het tot Kimber se inhegtenisneming gelei.
Kimber moet weer op 17 Augustus 2023 in die hof verskyn.
