Central SA
Cheetahs wens Crinums alle sterkte toe vir TNL se eindstryd─── MORGAN PIEK 11:54 Sat, 01 Jul 2023
Die Toyota Cheetahs steun die Vrystaat Crinums om vanaand die Telkom Netballiga in Pretoria te wen wanneer hulle die Gauteng Jaguars in die eindstryd aandurf.
Die vorige keer wat die Crinums die nasionale liga gewen het, was in 2016. Sedertdien word dit deur die Gauteng-spanne oorheers. In 2016 het die Cheetahs ook die Curriebeker gewen, soos vanjaar.
Die Cheetahs het verlede week die Curriebeker ’n sewende keer gewen toe hulle die Pumas in die eindstryd geklop het.
Die Cheetahs se kaptein, Victor Sekekete, het 'n boodskap aan die Crinums gestuur om hulle sterkte met die eindstryd toe te wens.
Vanaand se groot eindstryd tussen die Crinums en Jaguars by die Heartfelt Arena begin om 18:00.
