Central SA
Polisie ondersoek veroordeelde dwelmhandelaar se skielike dood─── 08:02 Sun, 02 Jul 2023
Die polisie het bevestig dat die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti Vrydag in ‘n hospitaal in Johannesburg oorlede is.
Polisiewoordvoerder Mavela Masondo het Saterdag (1/7) Agliotti (64) se dood bevestig. Hy het gesê die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie, maar dat 'n geregtelike doodsondersoekdossier is by die Douglasdale-polisiestasie geopen is en dat 'n nadoodse ondersoek gedoen sal word om die presiese oorsaak te bepaal.
Agliotti het in 2006 skuld beken op dwelmsmokkelary en is 'n opgeskorte vonnis opgelê.
Dié selfverklaarde sakeman het ook onthullings voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gedoen waar hy wydverspreide omkopery van regeringsamptenare en sommige ministers onthul het in ruil vir staatstenders.
Agliotti was die hoofverdagte in die moord op die mynmagnaat Brett Kebble in 2005. In 2010 is hy deur die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg vrygespreek op aanklagte wat verband hou met Kebble se moord.
Agliotti het later 'n deurslaggewende rol gespeel as die sleutelgetuie vir die staat in die voormalige polisiekommissaris Jackie Selebi se korrupsieverhoor. Die vriendskap tussen Agliotti en Selebi is omvattend gedokumenteer, en telefoonrekords het bewys gelewer van hul kommunikasie die aand van Kebble se moord.
Sommige Suid-Afrikaners reageer só op Agliotti se dood:
Real death or death inspired by thabo bester??? pic.twitter.com/qTAVWipiOJ
— Hlaha@861024 (@Hlaha8610241) July 1, 2023
Convicted drug dealer Glenn Agliotti dies at Johannesburg hospital, confirmed by police.
— Simangele Mazibuko Ngombane (@mangi_za) July 1, 2023
I hope he did not pull a "Thabo Bester thingy"?????. We want to see the sdumbu?????
