On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Graad 1-leerling verras pa met musikale talent – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 15:35 Mon, 03 Jul 2023

Graad 1-leerling verras pa met musikale talent – VIDEO | News Article
Matthew kry elke week 30 minute lank tromlesse en het baie verbeter. Foto verskaf

Matthew Walker, wat vanjaar 7 jaar oud word, het twee jaar gelede 'n passie ontwikkel vir die speel van tromme na aanleiding van musiek soos dié van Phil Collins se "Feel it in the Air Tonight" op die radio.

Mareli Walker, Matthew se ma, sê hulle het hom daardie jaar vir Kersfees 'n elektroniese tromstel gekoop – die soort waar die tromme eintlik silikon-matte is wat opgerol kan word en met gewone tromstokkies bespeel kan word. Gelukkig kan jy oorfone gebruik en nie die res van die buurt pla nie.

“Nadat ons hond die hout-tromstokkies kapot gekou het en Matthew die oorfone nie veel gebruik het nie, is die tromme tydelik opsygesit tot die volgende Vadersdag,” sê sy.


Hulle het toe besluit om die liedjie "Song vir my Dad" deur Snotkop te sing as 'n bederf vir Matthew se pa tydens 'n Vadersdag-middagete.

"Ons het twee maande vroeër begin oefen – ma op die klavier, Matthew se boetie Luke op die kitaar, en Matthew moes sy tromstokkies weer afstof. Maar aangesien Matthew toe nog geen tromlesse gehad het nie, het die gebruik van die elektroniese tromstel vir hom 'n frustrasie geword," sê sy.

Sy sê dat hy toe besluit het om 'n basketbal te gebruik. Hy het dit perfek gekry en gestop vir die refrein gedeelte. Dit het goed gewerk en het die gewenste uitwerking op sy pa gehad! Dit was sy eerste "konsert optrede" met 'n gehoor van een.

Toe Matthew jonger was, wou hy 'n YouTuber wees. Foto verskaf

Matthew het met formele tromlesse by Santjie Louw by Grey Kollege Primêr begin en in Gr. 1 'n nuwe stel tromstokkies gekry. Sy het hom geleer hoe om note te lees en selfs hoe om te sing! Sy het 'n video van hom geneem in die laaste week van skool en dit na sy ouers gestuur om sy vordering te wys.

"Sy Gr. 1-onderwyseres het dit ook ontvang en besluit om dit op die skool se Facebook-blad te plaas. Ons was verbaas oor die aantal mense wat daarna gekyk het,” sê sy.

Matthew is opgewonde daaroor, want toe hy jonger was, wou hy 'n “YouTuber” wees wat mense leer om dinge te doen.

Matthew het met formele tromlesse by Santjie Louw by Grey Kollege Primêr begin. Foto: Verskaf

Sy ma sê dat Matthew elke week 30 minute lank tromlesse het en dat hy baie verbeter.

Sy ouers is sy grootste ondersteuners en toe hulle gevra is of hulle hom in die toekoms as 'n musikant sien, het hulle gesê dat hulle altyd aan hulle kinders sê: "As jy daarvan kan droom, kan jy dit doen!"

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.