On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Dit sneeu, bevestig die SA Weerdiens – VIDEO’S, FOTO’S

───   11:13 Mon, 10 Jul 2023

Dit sneeu, bevestig die SA Weerdiens – VIDEO’S, FOTO’S  | News Article
Die Strydoms van Nelspruit, Mpumalanga, kuier in die Oos-Kaap, by Pitlochrie Cottages, in Barkley-Oos. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het bevestig dat talle provinsies in Suid-Afrika sneeuneerslae ervaar.

Inwoners van Gauteng het Maandagoggend wakker geword, op die koudste dag tot dusver vanjaar, met sneeuvlokkies wat uit die lug val. Temperature het tot minstens -6 °C in die suidelike dele van die provinsie gedaal.


SAWD-voorspeller Tokelo Chiloane sê sneeuval is nie oor die Gauteng-provinsie verwag nie. “Ons weermodelle het nie voorspel dat die front só sterk gaan wees nie, dat die koue só laag sal wees dat enige vorm van vog in die lug kan vries nie.


“In die somer sou die gebruiklike neerslag oornag ’n bietjie reën of motreën veroorsaak het. As gevolg van die koue temperature het dit egter baie ligte sneeu tot gevolg." Chiloane het bygevoeg dat temperature na verwagting van Dinsdag af warmer sal begin raak.

“Op dié oomblik kry ons meestal berigte van sneeu in die Heidelburg-gebiede, waar hulle normaalweg lae temperature ervaar. Dit is te verstane, en sluit die Krugersdorp-omgewing in.


"Dinsdag verwag ons dat die temperatuur begin styg. Daar is 'n moontlikheid dat dit die laaste van die sneeu is wat vanoggend gesien kan word. Soos die dag vorder, begin die temperature ook styg."


Volgens Storm Report SA is sneeu ook in Mpumalanga, Natal en die Oos-Kaap ervaar.


OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.