On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje: Honde verskeur seun; munisipale verordeninge nie toegepas

───   08:00 Thu, 13 Jul 2023

Sol Plaatje: Honde verskeur seun; munisipale verordeninge nie toegepas | News Article

Twee honde het ’n seun die afgelope naweek in die Samaria-oorgangskamp in Kimberley aangeval en erg beseer omdat munisipale verordeninge oor diere glo nie behoorlik toegepas word nie.

Tabisho Nishmotho en drie vriende, almal sowat tien jaar oud, het langs die pad gespeel toe twee pitbull-kruishonde hom aangeval en sy gesig verskeur het. Omstanders wat wou help, moes ook voor die honde vlug.

Die gemeenskap van Samaria is ontevrede omdat hulle meen die reaksietyd van die polisie en ambulansdienste was te stadig. ’n Gemeenskapslid het ná die aanval met die seun hospitaal toe gejaag. Die ambulans het hulle halfpad gekry en hom na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal geneem. 

Die polisie het nooit op die noodoproepe gereageer om die toneel te besoek nie. Die VF Plus het Tabisho in die hospitaal besoek en dit gaan onder omstandighede goed met hom. Sy ma, Hester Nishmotho, sê ander gemeenskapslede is ook al deur die honde aangeval. Die honde behoort na bewering aan ’n sake-eienaar wat hulle aanhou vir sekuriteitsdoeleindes.

Die VF Plus het ook die Dierebeskermingsvereniging (DBV) besoek, wat namens die Sol Plaatje-munisipaliteit probleemdiere teen vergoeding moet hanteer. Mario van der Westhuizen, werknemer van die DBV gemoeid met hantering van diere tydens noodsituasies, sê die saak is nie by die DBV aangemeld nie. Hy het die gemeenskap gevra om voorvalle van dié aard by 082 376 7679 aan te meld.

’n Munisipale verordening (3 van 2006) bepaal dat honde in ’n omheinde erf aangehou moet word en nie ’n bedreiging moet inhou vir mense buite die erf nie. Dit is duidelik dat die verordening gebrekkig toegepas word en dit laat die gemeenskap van Samaria bekommerd oor hul veiligheid. Die VF Plus sal die saak opvolg en seker maak dat die polisie en die DBV dit ondersoek.

Mediaverklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.