On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat spog met twee besigheidsbytjies

───   HEIDRÈ MALGAS 11:16 Sun, 16 Jul 2023

Vrystaat spog met twee besigheidsbytjies | News Article
Chani Britz verkoop koekie-fudge. Foto verskaf

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 10 Julie vanjaar se wenners van die Besigheidbytjies- en Juniorpreneurskompetisie aangekondig. Die Vrystaat spog vanjaar met twee wenners, Chani Britz en naaswenner Mienke Maritz.

Chani Britz verkoop koekie-fudge en Mienke Maritz verkoop klaargemaakte vanielje- en sjokolade-botterversiersel.

Britz vertel dat sy altyd net bestanddele aangekoop het en haar koekie fudge verkoop het, maar die kompetisie se kriteria het vereis dat sy presies moes weet wat is inkomste, uitgawes en haar wins. So haar ma het haar mooi gehelp om dit uit te werk en sy het geleer van besigheidsonkostes.

Mienke Maritz. Foto verskaf

“Die enigste uitdaging was om te besluit om in te skryf, dit was toe eintlik so maklik en ek sal ander kinders aanmoedig om dit ook te doen. Jy leer so baie van jouself en jou besigheid as jy aan so iets deelneem,” sê Britz.

Verder vertel sy dat sy nie meer so skaam is soos wat sy was om met mense te praat en haar koekies te verkoop nie, dit was altyd net die koshuiskinders en nou is daar meer grootmense met wie sy moet kommunikeer.

Chani Britz. Foto verskaf

“Ek het gedink ek verkoop genoeg, maar nou weet ek ek kan baie meer maak en verkoop. Ek kan meer geld verdien,” voeg Britz by.

Naaswenner Mienke Maritz vertel ‘n mens hoef nie altyd die beste produk te hê om die beste onderneming te hê nie. As jy 'n passie het, vat die kans en doen dit!

“Die kompetisie het my gemotiveer om uit die boks te dink en 'n nuwe produk bekend te stel en ek is uitgedaag om kreatief te dink aan 'n unieke produk, om 'n bemarkingsplan te hê en dit in 'n winkel te kry,” vertel Maritz.

Mienke Maritz verkoop klaargemaakte vanielje- en sjokolade-botterversiersel. Foto verskaf

“Hier by AfriForum is ons beïndruk om so baie jong entrepreneurs te sien wat werklik ’n passie het vir entrepreneurskap. Die deelnemers het ons werklik verbaas met hul innoverende idees, produkte en/of dienste. Hulle is jongmense wat reeds die vaardigheid het om ’n gaping in die mark te identifiseer en is beslis in die kol om daardie behoeftes te takel en te vul. Ons wens ons wenners, sowel as elke deelnemer van die kompetisie, alle sterkte toe met die toekoms en sukses van hulle sakeondernemings! Ek glo hulle inspireer ander jongmense deur hul eie entrepreneursgees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir Jeugleierskap.

AfriForum het reeds in 2019 die Besigheidsbytjies-kompetisie vir laerskoolleerders begin. Die kompetisie is intussen uitgebrei deur ook voorsiening te maak vir hoërskoolleerders met ’n passie en kop vir sake.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.