Central SA
Bloemfonteinse man se liggaam gevind─── 14:40 Tue, 18 Jul 2023

Die eksvrou van ’n Bloemfonteinse man sê sy liggaam is gevind nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure laas gesien is.
Die 42-jarige Hansie Jansen van Rensburg het ’n kroeg in Langenhovenpark saam met vriende verlaat, wat hom by ’n vulstasie op die R64 afgelaai het.
Sy eksvrou, Janet, wat in Pretoria bly, het aan OFM Nuus gesê kringtelevisie-beeldmateriaal het bevestig dat hy by die Engen-garage uit sy vriende se motor geklim het. Dit is egter onduidelik wat daarna gebeur het.
Die Vrystaatse polisie het nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie.