On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Man van Bloemfontein in hof ná hy broer doodskiet

───   ZENANDE MPAME 12:07 Thu, 20 Jul 2023

Man van Bloemfontein in hof ná hy broer doodskiet | News Article
Photo: bloemfonteincourant.co.za

Die 59-jarige man wat verlede week sy broer geskiet het, het Woensdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is tot 24 Julie 2023 uitgestel.

Willem Matthys Burger het vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord op sy broer Leon (56) op Willem se hoewe in Bainsvlei.

“Vroeër die aand was daar ’n struweling tussen die broers, ’n skoot van 'n haelgeweer is afgevuur en Leon is getref,” sê die polisie.

LEES:  Verdagte gearresteer vir moord op sy broer by Bainsvlei  

Willem het sy gewonde broer per motor na die Mediclinc Bloemfontein geneem. Hy is kort ná sy aankoms dood verklaar. Leon het glo geestesgesondheidsprobleme gehad en het
ses maande gelede by sy broer ingetrek.

OFM News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.