On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Geniet vandag ’n boerie en skenk vir liefdadigheid

───   HEIDRÈ MALGAS 13:54 Wed, 26 Jul 2023

Geniet vandag ’n boerie en skenk vir liefdadigheid | News Article
At Lunch is vandag by Econo Foods in Langenhovenpark vir #OFMBoeries4Blankets saam met Round Table Bloemfontein. Foto verskaf

OFM se At Lunch is vandag by Econo Foods in Langenhovenpark vir #OFMBoeries4Blankets saam met Round Table Bloemfontein 25 en Round Table Bloemfontein 158.

Koop jou boerie vir R30 of skenk meer ten bate van Child Welfare Bloemfontein & Childline Free State.

Jy kan ’n betekenisvolle verskil in die lewe van kwesbare kinders maak deur net ’n boereworsrol te koop.

Childline is in 1914 gestig deur 'n groep vrywilligers wat 'n behoefte aan welsynsdienste in die gemeenskap geïdentifiseer het. Die eerste maatskaplike werker is in 1938 aangestel om gemeenskapsdienste te verskaf, sosiale verligting vir gesinne te bied en sorg te reël vir verwaarloosde en mishandelde kinders.


In 1965 is ’n Kindersorgvereniging in Heidedal gestig en in Augustus 1996 het die Vereniging vir Kinder- en Gesinsorg, Bloemfontein en Heidedal, saamgesmelt om die verantwoordelikheid vir kinderbeskerming in Bloemfontein, Heidedal en Mangaung op te neem.

Jy kan tot 16:00 vandag nog ’n boerie geniet.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.