On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Man in hof ná aanval op Hennenman-boer

───   ZENANDE MPAME 14:53 Thu, 27 Jul 2023

Man in hof ná aanval op Hennenman-boer | News Article
JP Roestorff. Foto: Facebook

’n 23-jarige man van Hennenman het Woensdag (26/7) in die hof verskyn op ’n aanklag van poging tot moord nadat hy die naweek ’n boer na bewering aangerand het.

’n Man het glo vir die boer beduie om te stop. “Toe hy stop, is hy aangeval,” sê die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng.

“Hy is met ’n moersleutel oor die kop, bene en lyf geslaan. Sy been is erg gebreek en hy het frakture aan sy gesig opgedoen,” sê hy. 

Craig Johnson en Gwyn Barkhuizen. Foto: Facebook

Craig Johnson het glo vroeër Saterdagaand by 'n gewilde kuierplek in Hennenman ’n onderonsie met JP Roestorff gehad.

Johnson het saam met sy meisie, Gwyn Barkhuizen, gery. Hulle is later die aand van die pad afgetrek en dit is toe dat Johnson na bewering aangerand is.

Barkhuizen kon hom in die motor intrek en het na ’n nabygeleë hospitaal gejaag.

Die polisie het beslag gelê op die moersleutel, wat in die besit van die beskuldigde gevind is.

Roestorff bly in aanhouding en sal Vrydag om borgtog aansoek doen.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.