Central SA
Stortingsterreine in Suid-Afrika is nie op standaard─── TSHEHLA KOTELI 11:00 Tue, 01 Aug 2023
Meer as 100 stortingsterreine in Suid-Afrika voldoen nie aan die nasionale minimumvereistes nie.
AfriForum se jaarlikse ouditverslag oor stortingsterreine toon 133 stortingsterreine in die land voldoen nie aan die vereistes nie. Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake, sê hulle sal die betrokke verslag met die Minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, Barbara Creecy, bespreek.
AfriForum hoop ’n formele ondersoek na die munisipaliteite waar die stortingsterreine geleë is, sal dan gedoen word. Slegs 28 van 161 stortingsterreine voldoen aan die minimum vereistes wat deur die Nasionale Omgewingsbestuur opgestel is. “ ’n Lys van 33 vrae is saamgestel met hierdie minimum standaarde as riglyn en hierdie vrae is gebruik om die oudit te doen.”
Die aantal stortingsterreine kan toegeskryf word aan verskeie probleme wat munisipaliteite ondervind wat lei tot die swak en onwettige bestuur van die stortingsterreine. Wanbesteding, swak instandhouding en ’n gebrek aan bekwame personeel is maar enkele van die probleme waarmee ons daagliks te kampe het,” sê hy.
Noordwes
De Klerk sê ’n suksesverhaal is die stortingsterreine van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit in Potchefstroom. ’n Private maatskappy is aangestel om by die stortingsterrein te help. “Dit kan duidelik gesien word in die afgelope vier jaar se ouditresultate (16% in 2020, 46% in 2021, 82% in 2022 en 98% in 2023).”
Vrystaat
In die Vrystaat het stortingsterreine ’n kopseer vir inwoners geword omdat 27 stortingsterreine nie op standaard is nie. Daar was ook onlangs ’n brand by die Southern-stortingsterrein in Mangaung. Inwoners van die noordelike voorstede kla ook oor die nagevolge van die rook wat van die bestaande noordelike stortingsterrein kom. Werkers op die terrein het voorheen aan OFM-nuus gesê dat hulle toegangskaarte gekry het, maar hulle werk nie en hulle is ook nutteloos omdat geen heining mense verbied om die terrein binne te gaan nie.
OFM Nuus
