Central SA
Vierjarige van Kimberley ontvoer vir R1─── HEIDRÈ MALGAS 11:46 Tue, 01 Aug 2023
‘n Vierjarige meisie is al vyf dae vermis nadat sy glo ontvoer is vanuit die Lerato Park-informele nedersetting in Roodepan, Kimberley.
Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê die Roodepan-polisie doen 'n beroep op die publiek om te help met die opsporing van Precious Oliphant (4). Sy was verlede Donderdag saam met haar agtjarige nefie toe ’n voertuig langs hulle stilgehou het.
Hy sê ’n man met ’n ligte velkleur en ’n vrou het die meisie met ’n R1-muntstuk gelok. Sy het haar hand uitgesteek om die geld te vat en is vinnig in die voertuig ingetrek. Hulle het daarna vinnig weggery. Die polisie vra enigeen met inligting om die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming, en seksuele misdrywe in Galeshewe te kontak.

Precious Oliphant (4). Foto verskaf
Die ondersoekbeampte, Orapeleng Liberty Mamapula, se nommer is 082 495 4605, Die MySAPS-app kan gebruik word of bel die Stop Misdaadnommer by 08600 10111, Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
OFM Nuus
