Central SA
Parlementêre komitee ingelig oor diefstal van 51 renosterhorings─── 11:19 Thu, 03 Aug 2023
’n Parlementêre komitee is op ’n inligtingsessie oor die diefstal van renosterhorings by die perseel van die Noordwes Parke- en Toerismeraad ingelig. Die waarde daarvan word op R9 miljoen geskat.
Dit volg ná ’n inbraak by die Toerismeraad se perseel op 26 Junie waar die renosterhorings uit voorraad gesteel is. Die parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing het Woensdag voorleggings van die Noordwes Parke- en Toerismeraad, die polisie en die Vallke ontvang oor die vordering van die ondersoek.
Patrick Mboto, Valke-woordvoerder in Noordwes, het aan die komitee gesê diefstal is aangemeld deur 'n veiligheidswag wat op die dag omstreeks 17:00 by die Noordwes Parkeraad se Cook Lake-perseel gepatrolleer het.
South Africa's Department of Forestry, Fisheries & the Environment (DFFE) have released the official rhino poaching statistics for the first half of 2023. A top-level reading shows across the country, poaching numbers declined by 11% compared with the same period last year(1/6) pic.twitter.com/iKPDCr4MSm
— Helping Rhinos ?? (@HelpingRhinos) August 1, 2023
Hy het gesê die horings is uit 'n kluis gesteel en is nie teruggevind nie ondanks die inhegtenisneming van die verdagtes. Hulle staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal, die onwettige handel in renosterhorings, die besit van gesteelde eiendom, die onwettige besit van vuurwapens, asook geldwassery, korrupsie en rampokkery.
Nuwe aanklagte kan bygevoeg word soos die ondersoek ontvou. Die vier beskuldigdes sal op 14 Augustus weer in die hof verskyn nadat twee borgtog in 'n vroeëre hofverskyning gekry het, terwyl die ander twee in aanhouding bly.
Die komitee is ook in kennis gestel van twee pogings om in 2014 en 2018 by die perseel in te breek om toegang tot die voorraad van renosterhorings te verkry.

