On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Liggame van 13 werkers in uitgewerkte myne in Noord-Kaap gevind

───   12:51 Thu, 03 Aug 2023

Liggame van 13 werkers in uitgewerkte myne in Noord-Kaap gevind | News Article
Uitgewerkte diamantmyne naby Kleinzee in Namakwaland. Foto verskaf

Die polisie in Kleinzee in Namakwaland het bevestig dat die liggame van 13 werkers gevind is ná twee ongelukke in uitgewerkte diamantmyne.

Die polisie is nie seker of daar nog mense in die tonnels by die Tweepad-myngebied vasgekeer is nie. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat agt delwers reeds Maandag by die betrokke myngebied naby Kleinzee in die tonnels vasgekeer was. Een liggaam is daarna gevind.


Dinsdag het nog tonnels in duie gestort en agt liggame is gevind, het Sergio Kock, polisiewoordvoerder, gesê. Die laaste vier liggame is Woensdagaand na die oppervlak gebring. Die inwoners in die myngebiede is woedend omdat hulle meen die polisie doen al jare nie moeite om hulle teen die “vreemdelinge” te beskerm nie. 

Hulle sê die delwers neem die sakegebied van Kleinzee en Port Nolloth oor en hulle is baie onbeskof en arrogant. Een van die inwoners, Edmund Mouton, sê dit help nie om ander te blameer nie, maar daar moet eerder gefokus word om saam te staan teen die delwers.

OFM Nuus/Isaac Cloete


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.