On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Veediefstal-sindikaathoof in Victoria-Wes in hegtenis geneem

───   16:08 Thu, 03 Aug 2023

Veediefstal-sindikaathoof in Victoria-Wes in hegtenis geneem | News Article
Foto: Twitter

Die De Aar- en Beaufort-Wes se eenhede vir veediefstal en bedreigde spesies het saamgewerk en Maandag (31/7) ’n verdagte in Victoria-Wes in hegtenis geneem.

Die spanne het oorgrens-veediefstalsindikate ondersoek wat tussen Beaufort-Wes en Victoria-Wes bedrywig is, sê Timothy Sam, polisiewoordvoerder. Die 45-jarige man wat op parool is nadat hy tronkstraf vir veediefstal uitgedien het, is op heterdaad betrap waar hy skape op die plaas Kookfontein in Victoria-Wes bymekaar gemaak het.

Die man sal Donderdag 10 Augustus 2023 in die landdroshof op Victoria-Wes verskyn vir 'n formele borgtogaansoek. Die Pixley Ka Seme-distrikskommissaris, Nomana Mtukushe, het die span bedank vir hul samewerking en vennootskap in die ondersoek. Sy sê veediefstal het ’n groot invloed op die ekonomie en dit ontwrig die voedselverskaffingsketting. Dit verhoog ook spanning tussen die boere en omliggende gemeenskappe.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.