On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Energie-onafhanklikheid: DA skryf aan Ramokgopa oor Frankfort se probleme

───   15:27 Tue, 08 Aug 2023

Energie-onafhanklikheid: DA skryf aan Ramokgopa oor Frankfort se probleme | News Article
Frankfort is nou die beginpunt vir energie-onafhanklikheid in Suid-Afrika, en die DA staan ??bankvas agter ’n gedesentraliseerde benadering. Foto verskaf

Die DA se federale leier, John Steenhuisen, het Dinsdag met Rural Maintenance in die Mafube-munisipaliteit op Frankfort vergader as deel van die party se uitreikprojek vir die burgerlike samelewing.

Rural Maintenance se pogings om onafhanklik van Eskom te wees word gekortwiek deur samespanning tussen Mafube en Eskom. Hulle ontneem die inwoners die reg om hul eie elektrisiteit op te wek, die dorp se beurtkrag te bestuur, te skeduleer en uiteindelik te help om Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis op te los.

Steenhuisen het saam met die DA se Vrystaatse provinsiale leier, Roy Jankielsohn, en die DA se provinsiale voorsitter, Werner Horn, twee van hul sonkragaanlegte besoek. Die munisipaliteit en Eskom het deur hul lisensiehouer-voorregte en monopolieë Frankfort weer terug op die netwerk geplaas.

Die DA se John Steenhuisen vra die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, om Frankfort se bod vir energie-onafhanklikheid te steun. Foto verskaf

Die DA gaan aan Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, skryf om dringend in te gryp volgens sy mandaat om voorsiening te maak vir deelname van die private sektor in Suid-Afrika se nuwe elektrisiteitsopwekkingskapasiteit.
Die DA ondersteun ’n gedesentraliseerde benadering wat onafhanklike kragprodusente bemagtig om elektrisiteit op te wek en te verkoop as ’n manier om kragverskaffing landwyd te vergroot en beurtkrag te beëindig.

Eskom en die ANC moet, ingevolge art. 34(2) van die Wet op Elektrisiteitsregulering nuwe opwekkingskapasiteit, in oorleg met die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), fasiliteer om ernstige verskaffingstekorte te takel wat gelei het tot 15 jaar van beurtkrag.

Die DA en die VF Plus steun Frankfort se bod vir energie-onafhanklikheid. Foto verskaf

Eskom het voorheen ’n versoek deur Rural Maintenance toegestaan om elektrisiteit op te wek en in die netwerk te plaas, maar nie sonder die instemming van die munisipaliteit as die houer van die lisensie of elektrisiteitsverskaffingsooreenkoms nie.

Daar word nou beweer dat die munisipaliteit vasskop en die ooreenkoms wat aanvanklik onderteken is, probeer kanselleer. In plaas daarvan om saam met Rural Maintenance te werk om Frankfort se inwoners te beskerm teen beurtkrag, het die munisipaliteit gekies om agteroor te sit en toe te sien hoe ’n groot belegging om beurtkrag te beëindig, tot niet gaan.

Ons kan nie meer toelaat dat dieselfde ANC-beleid en staatsmonopolieë wat Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis geskep het, nou tasbare maniere verhoed om dit op te los nie. Ramokgopa moet dringend in hierdie saak ingryp as hy werklik daartoe verbind is om beurtkrag te beëindig.

Slegs deur Suid-Afrika se energiemark te diversifiseer en die opwekkingskapasiteit oop te stel, kan Suid-Afrika werklik daaraan werk om beurtkrag te beëindig. Frankfort sal die baanbreker in hierdie stryd wees en die DA sal voortgaan om ‘n vrye en mededingende benadering te ondersteun wat die mag wegneem van Eskom en die ANC en dit in die hande van Suid-Afrikaners plaas waar dit hoort.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.