On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Polisie ontken Thabo Bester se bewerings dat besittings gesteel is – VIDEO’S

───   09:54 Sun, 13 Aug 2023

Polisie ontken Thabo Bester se bewerings dat besittings gesteel is – VIDEO’S | News Article
Thabo Bester en Nandipha Magudumane in die Bloemfonteinse Landdroshof. Foto: Lucky Nkuyane

Die Nasionale Polisiekommissaris, Fanie Masemola, het die bewerings van die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester ontken dat SAPD-lede sy besittings gesteel het.

Bester beweer skootrekenaars, ontwerpershorlosies en -brille – asook kontant in buitelandse valuta ter waarde van R40 miljoen – is gesteel. Hy sê die items is van hom afgeneem toe hy in April in Tanzanië in hegtenis geneem is. Dié aantygings is vandeesweek tydens sy verskyning in die Bloemfonteinse Landdroshof gemaak.

Masemola het tydens 'n polisie-operasie in die Johannesburgse middestad gesê die polisie het net 'n skootrekenaar en twee selfone gekry.

“Daar is geen waarheid in wat Bester sê nie. Toe ons by die Lanseria-lughawe aankom, het ons as die SAPD een skootrekenaar en twee selfone ontvang van die Departement van Binnelandse Sake, wat saam met hom van Tanzanië gekom het. Ons het geen ander eiendom ontvang nie. 

Bester se slagoffer, Katlego Bereng, se pa, Batho Mpholo, vra of sy seun se lewe dan minder werd is. Video: Lucky Nkuyane  

“Wat die horlosies betref, ondersoek ons nog die saak. Ons het geen idee hoeveel horlosies hy by hom gehad het nie. Ons weet niks van die kontant waarvan hy praat nie. 

“Ons stel egter belang om te ondersoek hoe hy daardie geld, daardie buitelandse valuta, gehad het sonder om dit te verklaar toe hy hierdie land verlaat het. Hy moet na vore kom en ons vertel hoe hy met daardie geld weg is en ons sal dit ondersoek.”

Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35 

Bester se prokureur het Dinsdag aan die Landdroshof in Bloemfontein gesê items ter waarde van miljoene is van hom gesteel toe hy in April uit Tanzanië na Suid-Afrika gedeporteer is.

ActionSA se Patricia Kopane het gepraat oor Bester en sy medebeskuldigdes se arrogansie. Video: Lucky Nkuyane

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.