On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

DA vra Dion Theys moet ontslaan word ná skuldigbevinding

───   HEIDRÈ MALGAS 13:53 Fri, 18 Aug 2023

DA vra Dion Theys moet ontslaan word ná skuldigbevinding | News Article
Dr. Dion Theys. Foto: Noord-Kaapse Departement van Gesondheid

Die DA in die Noord-Kaap sê die waarnemende hoof van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, dr. Dion Theys, moet onmiddellik ontslaan word.

Theys is skuldig bevind aan die oortreding van art. 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur nadat hy drie huurooreenkomste van meer as R13 miljoen met JP Hugo Trading aangegaan het sonder om die wettige voorskrifte en aankoopprosesse te volg.

Harold McGluwa, DA-leier in die Noord-Kaap, sê Theys is gevonnis tot R150 000 of drie jaar tronkstraf waarvan R100 000 of twee jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie in die tydperk ’n soortgelyke oortreding begaan nie.

Hy sê premier Zamani Saul het die afgelope paar jaar probeer om die erns van oortredings van finansiële wetgewing te minimaliseer. Hy beweer Saul het goed geweet dat Theys met ’n swak rekord onder ’n donker skadu van finansiële ongerymdhede staan. Maar hy het steeds voortgegaan om hom in ’n magsposisie te plaas.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.