On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Fees van skolesport en selfs kos dié naweek in Bloemfontein

───   HEIDRÈ MALGAS 13:56 Fri, 18 Aug 2023

Fees van skolesport en selfs kos dié naweek in Bloemfontein | News Article
“Mense het altyd vrae oor die krokodilvleis by kosfeeste omdat ’n krokodil nie baie vleis het nie, maar dit is snaaks om te eet en smaak heerlik.” Foto: Facebook/Charlie van der Linde

Die jaarlikse interskole buurstryd tussen Grey Kollege en Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch vind Saterdag plaas, en moenie vergeet van Die Grey't-kosfees, die gewilde kosfees van Grey Kollege, wat spog met meer as 18 vleissoorte nie.

Charlie van der Linde, een van die organiseerders van die gewilde kosfees, sê daar is wonderlike geregte wat mense dalk vir die eerste keer kan probeer. Dit sluit in krokodilvleis, wat dalk vir sommige mense soos hoender of vark sal smaak. 

Op die spyskaart is ook murgbene, skaap en vark op die spit, skaapstertjies, en verskillende tipes sosaties. "Mense het altyd vrae oor die krokodilvleis by kosfeeste omdat ’n krokodil nie baie vleis het nie, maar dit is snaaks om te eet en smaak heerlik."

Die kosfees is 'n gewilde trekpleister in Bloemfontein. Foto: Facebook/Charlie van der Linde

Daar is 16 verskillende soorte wors om aan te smul, insluitend kaaswors. Ons kuier saam met Grey Kollege en Paul Roos Gimnasium vir die interskole-geleentheid, en môre kan mense kom om die interskole en die kosfees te geniet, sê hy.

Die Grey’t-kosfees is laas in 2018 aangebied. Foto: Facebook/Charlie van der Linde

Kaartjies vir die kosfees is R290 per kaartjie en sluit alles by die mark in. Jy kan dus eet, rondloop en weer na hartelus eet.  Daar is geen beperking op hoeveel jy kan eet wanneer jy die kaartjie gekoop het nie. Hy sê mense kan beslis uitsien na al die heerlike disse wat aangebied word.

OFM Nuus

Daar is geen beperking op hoeveel jy kan eet wanneer jy die kaartjie gekoop het nie. Foto: Facebook/Charlie van der Linde


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.