On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Eskom skuld Midvaal-munisipaliteit duisende rande

───   TSHEHLA KOTELI 08:50 Wed, 23 Aug 2023

Eskom skuld Midvaal-munisipaliteit duisende rande | News Article
Midvaal’s executive mayor Peter Teixeira. Photo: Facebook

Byna elke munisipaliteit in Gauteng skuld Eskom geld, behalwe die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het dit op die provinsie se energie-indaba genoem. Hy sê Midvaal is die enigste munisipaliteit in die provinsie wat nie Eskom geld skuld nie. Inteendeel Eskom skuld die munisipaliteit geld.

Peter Teixeira, uitvoerende burgemeester, sê Eskom skuld hulle minstens R300 000 vir eiendomsbelasting. “Ons het ’n goeie werkverhouding met Eskom en hy kom sy betalingsooreenkoms na.”

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng. Foto: Facebook

“Terwyl baie ander munisipaliteite agterstallig raak met hul betalings aan hul krediteure is ons trots daarop dat ons munisipaliteit gereeld sy betalingsverpligtinge binne 20 dae nakom. Ons loof Midvaal vir sy goeie finansiële status by Eskom.”

Tsakani Maluleke, ouditeur-generaal, sê die munisipaliteit het die negende keer daarin geslaag om ’n skoon oudit te kry en dit kan toegeskryf word aan openbare deelname. Midvaal en die Ekurhuleni-metro is die enigste twee munisipaliteite wat in die 2023/22-oudits van die plaaslike regerings ’n skoon oudit gekry het.

“As die inwoners van Midvaal nie die skoon oudit waarvan ons praat kan sien of beleef nie dan beteken dit niks vir my nie. As inwoners nie toegang tot gehaltewater, ononderbroke elektrisiteitstoevoer of goeie paaie het nie, beteken die skoon oudit niks nie.”

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering het onlangs twee toekennings aan die munisipaliteit toegeken vir hul goeie werk.

OFM News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.