Central SA
'Derek Watts was ’n stem van redelikheid'─── KEKELETSO MOSEBETSI 09:43 Wed, 23 Aug 2023
Die waarnemende direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens, Nomonde Mnukwa, beskryf Derek Watts as ’n stem van redelikheid en deursigtigheid.
Die gerespekteerde Carte Blanche-aanbieder is Dinsdag oorlede. Velkanker is verlede jaar by hom gediagnoseer en dit het later na sy longe versprei. Mnukwa sê sy afsterwe laat ’n groot leemte in die joernalistiek waar sy toewyding, integriteit en vaardighede om ’n storie te vertel ’n blywende indruk op Suid-Afrikaners gemaak het. Sy sê Watts se dood is ’n groot verlies vir die mediagemeenskap en die hele land.
“Derek Watts was meer as net ’n joernalis – hy was almal se stem van redelikheid en ’n voorstander van deursigtigheid en aanspreeklikheid. Sy toewyding aan joernalistieke etiek, moed om die waarheid te ontbloot, en toewyding om die maghebbers aanspreeklik te hou, is waardes wat sal voortgaan om toekomstige generasies te inspireer.”
Gutted that my long-time partner in crime @DerekWatts passed away yesterday
— DeviSankareeGovender (@Devi_HQ) August 23, 2023
I had the privilege of working alongside him for 18 years on @carteblanchetv @MNet
He was an absolute #OG who loved his country deeply
Hambe kahle, my friend.#TheLongAndShortOfIt ??#RIPDerekWatts pic.twitter.com/Ihp5qNQDoK
Watts was altyd reguit in sy onderhoude maar het empatie met almal gehad. Dit het hom in staat gestel om tot die kern van die saak deur te dring terwyl hy die respek en waardigheid van alle betrokkenes behou het. Mnukwa het haar meegevoel betuig met Watts se familie, vriende, kollegas en almal wie se lewe hy in sy loopbaan aangeraak het.
OFM Nuus
