On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Publiek gewaarsku oor veldbrande wat in Noordwes woed – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 14:49 Fri, 25 Aug 2023

Publiek gewaarsku oor veldbrande wat in Noordwes woed – VIDEO | News Article
Video-skermgreep

Brandgevare word vandag en die naweek verwag weens die lae humiditeit en sterk wind.

Johann Savage Breytenbach van die Mangaung Brandbeskermingsvereniging sê enige brand wat vandag begin, sal verwoestend wees en dat dit baie moeilik en gevaarlik sal wees om hierdie brande te beheer as hulle begin versprei.

Hy sê dit sal nie veel verg vir 'n brand om te ontvlam weens die lae humiditeit en baie sterk wind nie. Die hoë temperature is ook 'n resep vir brande om uit te breek.

Breytenbach waarsku die publiek om versigtig en ekstra waaksaam te wees.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.