On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Wysigings aan Kieswet vandag in hof betwis

───   DANE BEISHEIM 12:12 Tue, 29 Aug 2023

Wysigings aan Kieswet vandag in hof betwis | News Article

Wanneer ’n onafhanklike kandidaat meer stemme wen as die kwota wat nodig is om 'n enkele setel te verseker, word die bykomende stemme vermors.

Die Verkiesingswysigingswetsontwerp sal vandag in die hof betwis word.

Politieke ontleder en dosent aan die NWU se Potchefstroomkampus, Prof. André Duvenhage, is van mening dat die wetsontwerp ernstige gebreke het en terugverwys moet word na die parlement.

In 'n openbare deelnameproses oor die wetsontwerp is dit gekritiseer dat dit ongelyke mededinging tussen onafhanklike kandidate en politieke partye in die Nasionale Vergadering skep.

Die Wetsontwerp wysig die Kieswet op verskeie maniere om onafhanklike kandidate toe te laat om in die verkiesings mee te ding.

Die belangrikste hiervan is dat dit die verkiesingsformule vir die toekenning van setels wysig.

“Individue kwalifiseer net om mee te ding vir 200 setels van die 400 in die Nasionale Vergadering. Daar geld ook ander vereistes vir individue as vir partye.”

Wanneer ’n onafhanklike kandidaat meer stemme wen as die kwota wat nodig is om 'n enkele setel te verseker, word die bykomende stemme vermors.

Dit is omdat elke kandidaat net een setel kan kry omdat hulle “een persoon” is.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.