Central SA
SABC-inbreker gevonnis─── 07:12 Wed, 30 Aug 2023
Veiligheidsbeamptes het hom op beeldmateriaal van die kringtelevisie opgemerk en toe hulle hom konfronteer, het hy aggressief geraak en een van die veiligheidsbeamptes aangerand.
Die SAUK-inbreker, Moeketsi Jafta Mofokeng, is beveel om ’n boete te betaal of ’n opgeskorte vonnis in die gesig te staar.
Mofokeng het Maandag (28/8) in die Bloemfonteinse streekhof verskyn waar hy skuldig bevind en gevonnis is. Sy skuldigbevinding kom nadat hy op 16 Januarie 2022 deur veiligheidspersoneel op die SAUK-perseel in Bloemfontein in hegtenis geneem is. Die oortreder het ongemerk die SAUK-gebou binnegegaan. Veiligheidsbeamptes het hom op beeldmateriaal van die kringtelevisie opgemerk en toe hulle hom konfronteer, het hy aggressief geraak en een van die veiligheidsbeamptes aangerand. Die verdagte is tydens die stryery met die beamptes geskiet en gewond.
Mofokeng is in die hospitaal opgeneem, maar kon verskeie hofverskynings bywoon ondanks sy besering.
Fikiswa Matoti, Valke-woordvoerder in die Vrystaat, het gesê die saak is onder hul aandag gebring en deeglike ondersoek is gedoen. Mofokeng is gevonnis tot 'n boete van R5 000 of ses maande gevangenisstraf wat geheel en al vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan aanranding gedurende die tydperk van skorsing nie.
