On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Man in hof wat boer tydens beestransaksie doodskiet

───   ZENANDE MPAME 15:04 Thu, 31 Aug 2023

Man in hof wat boer tydens beestransaksie doodskiet | News Article
Die landdroshof in Vanderbijlpark. Foto: Ntwaagae Seleka

“Daar word beweer dat hy, nadat die beeste oorhandig is, Van Tonder gevra het om saam met hom na die Theoville-erwe te ry om die betaling te finaliseer.”

’n Man van Vanderbijlpark het Woensdag (30/8) vir die eerste keer in die landdroshof verskyn op aanklagte van moord en veediefstal ter waarde van R293 000. Die saak is tot 4 September vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.  

Fredrick Pieter Jacobus Botha (42) is Dinsdag in hegtenis geneem en bly in aanhouding.

Fredrick Pieter Jacobus Botha is in aanhouding. Foto: Facebook

“Christiaan van Tonder het op 29 November 2021 sowat 31 beeste aan Botha verkoop. Daar word beweer dat hy, nadat die beeste oorhandig is, Van Tonder gevra het om saam met hom na die Theoville-erwe te ry om die betaling te finaliseer.”

“Toe hulle by die erwe aankom het Botha na bewering hom in sy bakkie doodgeskiet ,” sê Lumka Mahanjana, Gautengse NVG-woordvoerder.

Christiaan van Tonder is doodgeskiet nadat hy beeste oorhandig het. Foto: Facebook

Die buurtwag het op die oorledene se liggaam in sy bakkie afgekom en die polisie daarvan in kennis gestel. Ná ondersoeke is Botha op 29 Augustus in hegtenis geneem, berig IOL.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.