On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse meisie nuwe wêreldkampioen in laserpistoolhardloop

───   HEIDRÈ MALGAS 11:04 Sun, 03 Sep 2023

Bloemfonteinse meisie nuwe wêreldkampioen in laserpistoolhardloop | News Article
FOTO: Facebook/Eunice High School

Bloemfontein spog met 'n wêreldkampioen in laserpistoolhardloop (“laser run”).

Mika-Leigh Strydom (14) is die nuwe wêreldkampioen in haar ouderdomsgroep in laserpistoolhardloop (“laser run”).

Sy het die vorige rekord met 14 sekondes verbeter by die onlangse UIPM 2023 laserpistoolhardloop-wêreldkampioenskappe, wat by die Universiteit van Bath in die Verenigde Koninkryk plaasgevind het.

Strydom is ‘n gr. 8-leerling van die Eunice High School for Girls in Bloemfontein. Sy sê die trane het gerol, so dankbaar was sy dat haar harde werk goud verower het én ’n rekord verbeter het.

“Ek is al amper 10 jaar in Eunice,” sê Strydom van haar skool, wat haar voluit ondersteun. “Ek is baie lief vir my onderwysers en vriende. Ons skoolhoof, mev. Zinnette de Wet, en al die onderwysers en my vriende ondersteun my baie. Ek is dankbaar vir almal wat my bystaan. Soos hulle sê: ‘Eunice, no other school so dear.’ Ek is trots om te sê my bloed is groen.”

Laserpistoolhardloop is ’n kombinasiesport wat behels dat deelnemers afwissel tussen hardloop en teikenskiet met ’n laserpistool. As voorbereiding vir die toernooi het Strydom seker gemaak haar dieët, herstellingstyd, geestesgesondheid en slaap kry dieselfde aandag as haar fiksheid en oefenprogram.

“Ek het ook baie mense gehad wat in my glo en ek wou hulle graag trots maak,” sê die tiener.

“Ek wil graag volgende jaar aan die wêreldkampioenskap in China deelneem,” vertel sy verder. “Ek sal saam met my afrigter en ouers mooi moet beplan hoe ek die voorbereiding sal aanpak. Dit gaan harde werk wees, maar ek sien uit daarna.”

Haar ouers is haar grootste ondersteuners en haar grootste bron van inspirasie is die wêreldkampioen naelloper Wayde van Niekerk. “Hy het met my gesels so paar maande terug en my gemotiveer. Hy het selfs gesê ek kan saam met hom oefen. Ek leer baie by hom en kyk op na hom,” sê Strydom.

Strydom en haar spanmaats, Megan Kleynhans en Tatiana Thomatos, het ook die goue medalje losgehardloop in die onder-15 afdeling. Ook het sy en haar gemengde aflos maat, Johan Schoeman van Mosselbaai, tweede gekom in die gemengde aflos item.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.