On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Smile Week help 22 kinders om weer te glimlag

───   HEIDRÈ MALGAS 14:00 Tue, 05 Sep 2023

Smile Week help 22 kinders om weer te glimlag | News Article
Die agtjarige Arianna Botha van Sasolburg in die Vrystaat is in September 2022 deur hul gesin se hond vermink. Foto: Heidrè Malgas

“Sy is deur ’n hond aangeval en is vir drie maande twee keer per week geopereer om haar kop, oog en oor reg te kry en veloorplantings te doen.”

Dit is Smile Week by die Universitas Akademiese Hospitaal waar dokters 22 kinders help om weer te kan glimlag. Dr. Nikita Blake, ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg, sê van die kinders het ’n gesplete verhemelte of ’n gesplete lip.
 
Arianna Botha (8) van Sasolburg is egter in September 2022 deur hul hond gebyt. Sy moet nou ’n operasie aan haar skedel ondergaan om voor te berei vir toekomstige prosedures. Haar ma, Aileen, sê haar dogter bly steeds lief vir die kamera.

Arianna Botha (8) van Sasolburg bly steeds lief vir die kamera, sê haar ma. Foto: Heidrè Malgas

“Sy is deur ’n hond aangeval en is vir drie maande twee keer per week geopereer om haar kop, oog en oor reg te kry en veloorplantings te doen,” sê Botha.

Mondli Mvambi, woordvoerder vir die Departement van Gesondheid, saam met een van die pasiënte. Foto: Heidrè Malgas

Nokwanje Leeto, LUR vir gesondheid, sê alle stigtings en borge wat tydens hierdie geleenthede kom help, help mense wat nie gesondheidsorg kan bekostig en verkies om na staatshospitale soos die Universitas Akademiese Hospitaal te gaan.

Baie van die kinders het ’n gesplete verhemelte of ’n gesplete lip. Foto: Heidrè Malgas

Blake bedank almal betrokke wat help om hierdie jong kinders weer te kan laat glimlag.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.