Central SA
Noord-Kaap: Sommige inwoners in Warrenton het weer water─── ZENANDE MPAME 08:00 Wed, 06 Sep 2023
Daar is weer water ná ses maande, maar nie almal kry water nie.
Daar is ná ses maande weer water, maar nie vir almal nie. In die stadium het net laagliggende gebiede toegang tot water. Inwoners van Warrenton was sonder water omdat die pype weens oorstromings in Februarie gebars het.

Inwoners moes van watertenks gebruik maak om hul houers vol te maak. Foto verskaf
DFA berig dat die Frances Baard-distriksmunisipaliteit verwag het dat die watertoevoer in Junie herstel sou word. Die waterdruk in die middestad is redelik laag en Warrenvale en Ikhutseng het steeds nie water nie.
“Die meeste inwoners is sonder water. Hierdie munisipaliteit is duidelik nie in staat om sy verpligtinge na te kom om te verseker dat inwoners van basiese dienste voorsien word nie,” sê Theo Joubert, VF Plus-raadslid.
