On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Gevangenes in Noord-Kaap bou huis vir swaksiende vrou

───   TSHEHLA KOTELI 08:06 Wed, 13 Sep 2023

Gevangenes in Noord-Kaap bou huis vir swaksiende vrou  | News Article
Maria Motale se huis is deur gevangenes gebou. Foto: Facebook

Die projek rus gevangenes toe met vaardighede wat hulle kan gebruik nadat hulle vrygelaat is.

Noord-Kaapse gevangenes het ’n huis vir ’n swaksiende vrou van Kuruman gebou.

Ronald Lamola, minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, was teenwoordig met die oorhandiging van die gemeubileerde huis aan Maria Motale. “Die projek rus gevangenes toe met vaardighede wat hulle kan gebruik nadat hulle vrygelaat is, maar dit is veral daarop gemik om terug te gee aan die gemeenskappe wat hulle benadeel het,” het Lamola gesê.

Die volledig gemeubileerde huis is deur gevangenes gebou. Foto: Facebook 

Korrektiewe Dienste het programme waar gevangenes vaardighede in bouwerk, haarkappery, naaldwerk, houtwerk en loodgieterwerk kan aanleer. 

Motale het saam met haar seun (30) in ’n modderhuis met net een vertrek gewoon. Lamola en sy departement wil meer huise vir slagoffers van misdaad bou. ’n Huis word ook in KwaZulu-Natal gebou en nog een in die Wes-Kaap.

Lamola het voordat hulle die huis Donderdag (7/9) oorhandig het, ’n imbizo oor geslagsgeweld in Manyeding aangebied om inwoners bewus te maak van hul grondwetlike regte. Hulle kon ook direk met die regering kommunikeer en aanspreeklikheid aanvaar.


Ronald Lamola, minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, met die oorhandiging van die huis aan Maria Motale in die Noord-Kaap. Foto: Facebook

In Desember 2022 het ’n gesin van Petrusville nuwe meubels gekry nadat hulle alles in ’n brand verloor het. Die oorhandiging aan die Lumkwana-familie  is deur premier Zamani Saul en Andrew Samson, burgemeester van Renosterberg, gedoen.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.