On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Konstruksiesektor verbeter effens

───   DANE BEISHEIM 14:59 Wed, 13 Sep 2023

Konstruksiesektor verbeter effens | News Article
Siphamandla Mkhwanazi

Vertroue in die konstruksiesektor het 'n geringe verbetering getoon, maar bly steeds gedemp.

Die FNBR konstruksievertroue-indeks het in die derde kwartaal van 2023 met ses punte tot 34 gestyg. Konstruksie het momentum ontwikkel, wat 'n merkbare verbetering in algehele winsgewendheid ondersteun het, veral onder nie-residensiële bouers.

Die verbetering in sentiment was ervaar in meeste dele van die sektor, met die uitsondering van hoofkontrakteurs en hardewarekleinhandelaars ...

“Met dit alles inagenome, bly die sentiment in die bedryf relatief gedemp. Slegs 'n derde van markdeelnemers is tevrede met heersende saketoestande,” het Siphamandla Mkhwanazi, senior-ekonoom van FNB, gesê.

Die noemenswaardigste verbetering in die sentiment was dié van nie-residensiële bouers, wie se sentiment in die derde kwartaal tot 52 indekspunte toegeneem het van 42 in die vorige kwartaal.

Dit is ondersteun deur volgehoue groei in die sektor, wat gelei het tot 'n verbetering in winsgewendheid van die bedryf.

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.