Central SA
Vodacom maak planne met batterydiefstal in Vrystaat en Noord-Kaap─── 15:46 Wed, 13 Sep 2023
Daar was ’n paar suksesvolle vervolgings in die gebied vanweë samewerking met die polisie.
Tussen 18 en 30 selfoontoringbatterye is elke maand by basisstasies in die gebied gesteel, terwyl vandalisme maandeliks by 15 tot 28 plekke voorgekom het.
Vodacom in die sentraal-streek het veiligheidsmaatreëls verbeter deur kringtelevisiekameras te installeer om basisstasies te monitor en enige misdadige aktiwiteite op kamera vas te lê. Vodacom kan ook nou gewapende reaksie ontplooi in die geval van ’n inbraak.
Selfoontoringbatterye en ander kritieke infrastruktuur word beskerm met spesiale kabinette en staalhouers met alarms om onwettige toegang te voorkom. Daar was ’n paar suksesvolle vervolgings in die gebied vanweë samewerking met die polisie.
"Ons glo vas dat alle belanghebbendes wat saamwerk ’n einde kan bring aan hierdie misdadige aktiwiteite en verseker dat netwerkdienste nie ontwrig word nie,” sê Evah Mthimunye, hoof van die sentrale streek.
OFM Nuus
