On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrou verdwyn by kerk, maande later steeds soek

───   12:32 Thu, 14 Sep 2023

Vrou verdwyn by kerk, maande later steeds soek | News Article
Letitia Bucks. Foto: SAPD

“Sy het vir haar ma gesê sy gaan badkamer toe, maar het nie teruggekeer nie.”

Vyf maande nadat Letitia Bucks (29) as vermis aangemeld is, vra Kimberley se polisie opnuut die publiek met haar help opspoor.

Bucks het op 16 April saam met haar ma ’n kerkdiens in Florianville bygewoon. Tydens die diens het sy vir haar ma gesê sy gaan badkamer toe maar het nie teruggekeer nie.

‘Sy is skraal gebou, met donkerbruin krulhare’

Op die dag van haar verdwyning het sy ’n wit-en-swart rok aangehad, ’n pienk-en-rooi baadjie met ’n kappie en wit plakkies. Sy is skraal gebou, met donkerbruin krulhare en ’n goue L-vormige insetsel in haar tande.

Timothy Sam, polisiewoordvoerder, vra enigeen met inligting oor haar verdwyning moet die ondersoekbeampte, Kelaegile Emily Mosala,  by 079 492 2681 bel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Inligting kan ook anoniem per SMS na 32211 of die MySAPS-app gestuur word.

 OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.