On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes bemagtig vroue met bokstoernooi

───   12:29 Fri, 15 Sep 2023

Noordwes bemagtig vroue met bokstoernooi | News Article
Foto verskaf

Die doel van die bokstoernooi is om vroue in dié sport te bemagtig en op te hef.

Vroueboksers oor Afrika heen is op pad na Klerksdorp vir ’n bokstoernooi, wat Saterdag in Klerksdorp se banketsaal plaasvind.

Dit is ná die bekendstelling van "The rise of women in boxing" deur Boxing South Africa (BSA), in samewerking met die Matlosana-munisipaliteit, die Departement van Kuns, Kultuur, Sport en Ontspanning in Noordwes, Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit en African Child Boxing Promotions.

Mahlatsi Sediane, die African Child Boxing-promotor, sê die toernooi se doel is om vroue binne en buite die ring aan te moedig om deel te wees van die samesyn van boksers. Dit wil hulle ook bemagtig en ophef.

 James Tsolela, burgemeester van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit, saam met amptenare met die bekendstelling. Foto verskaf

Boksers van Noordwes, ander provinsies en sommige Afrika-lande sal aan die toernooi deelneem.

OFM Nuus verneem dat daar Vrydag ’n inweegsessie by die munisipale burgersentrum in Klerksdorp sal wees.

James Tsolela, burgemeester van Matlosana, het die boksers hartlik verwelkom en hulle sterkte met die toernooi toegewens. “Boks kan dissipline en veerkragtigheid in 'n persoon se karakter ontwikkel en moet dus soveel as moontlik in die samelewing bevorder word.”


Itumeleng Mogorosi, hoof van die departement, praat op die bekendstelling van die vrouebokstoernooi. Foto verskaf

Sylvia Mokaila, ’n internasionaal erkende bokskommissaris, beoordelaar en skeidsregter van Noordwes, is een van diebeamptes.

Ondersteuners word aangemoedig om die toernooi te geniet, aangesien toegang gratis sal wees.

OFM Nuus/ Joba Matsheng

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.