Central SA
Kommer oor gevaarlike kruising in Klerksdorp─── ZENANDE MPAME 08:00 Wed, 20 Sep 2023
"Die N12 is beslis ’n veiligheidsrisiko wat tot ernstige ongelukke kan lei omdat die ligte nie werk nie, al is dit nie beurtkrag nie."
Inwoners van Klerksdorp is bekommerd oor die groot getal foutiewe straat- en verkeersligte, veral op die N12 wat deur die dorp loop, en vrees dit kan tot nog lewensverlies in ongelukke lei.
Fikile Mahlophe, burgemeesterskomiteelid vir elektriese en meganiese ingenieurswese, sê die munisipaliteit het ’n probleem met die getal verkeers- en straatligte wat nie werk nie. Hy skryf dit toe aan kabeldiefstal veral tydens beurtkrag. “Ons het begin om oorhoofse beligting op die N12 te gebruik om die kabeldiefstal te bekamp. Die kabel word van die grond af verwyder en oorhoofs geplaas.”

Hendrik Jordaan, VF Plus-raadslid, sê dit is ’n veiligheidsrisiko. Foto verskaf
“Die DA het onlangs ’n lys van uitstaande klagtes saamgestel. Die doel is om die dringendheid aan die munisipaliteit te kommunikeer sodat dienslewering en die behoefte aan effektiewe beligting kan verbeter,” sê Johannes le Grange, Matlosana DA-raadslid.
“Die N12 is beslis ’n veiligheidsrisiko wat tot ernstige ongelukke kan lei omdat die ligte nie werk nie, al is dit nie beurtkrag nie,” sê Hendrik Jordaan, VF Plus-raadslid.

Die munisipaliteit het maatreëls getref om die probleem op te los. Foto: Kekeletso Mosebetsi
Dit is ’n groot probleem en veiligheidsrisiko vir alle bestuurders en voetgangers.
