On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Oliewenhuis-kunsmuseum vier Erfenisdag

───   HEIDRÈ MALGAS 17:57 Thu, 21 Sep 2023

Oliewenhuis-kunsmuseum vier Erfenisdag  | News Article
Oliewenhuis Kuns Museum. Foto: Heidre Malgas

"Kom vier die dag saam by die Oliewenhuis-kunsmuseum en dra met trots jou erfenisklere."

Die Oliewenhuis-kunsmuseum vier Maandag Erfenisdag en nooi almal om Suid-Afrika se diverse erfenis te kom vier.

Ester le Roux, kurator van die museum, sê daar sal baie aktiwiteite aangebied word in die pragtige tuine en ’n groot verskeidenheid kos kan by die stalletjies gekoop word. “’n Platejoggie sal musiek verskaf en besoekers moet hul eie piekniekomberse of kampstoele saambring.”  

Daar sal volop pret wees vir die jongspan.

Daar is ook pretritte vir die kinders en die verrigtinge vind plaas van 10:30 tot 14:30.
Die Sophia Gray-gedenkuitstalling: “Shifting Perceptions: Designing Dignity” sal op die grondvloer van die hoofgebou te sien wees.

Kom kyk ook na die “Threads of Visual Narratives”. Dit bestaan uit besonderse artefakte en kunswerke uit die permanente versameling van verskeie nasionale museums.

Besoekers sal verskeie kunswerke kan bewonder.

"Kom vier die dag saam by die kunsmuseum en dra met trots jou erfenisklere. Parkering is R10 kontant per voertuig en pretritte vir kinders kos R5 per rit,” sê Le Roux.
OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.