On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

N6-ongeluk in Vrystaat eis vyf lewens

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:12 Tue, 10 Oct 2023

 N6-ongeluk in Vrystaat eis vyf lewens | News Article
’n Vragmotor en bakkie het aan die brand geslaan nadat hulle in ’n botsing op die N6 betrokke was. Foto verskaf

Noodreddingswerkers probeer die brand op die toneel blus.

Vyf mense is dood ná ’n trompop-botsing tussen 'n vragmotor en 'n motor op die N6 tussen Reddersburg en Bloemfontein.

Albei voertuie het glo aan die brand geslaan en noodreddingswerkers probeer die brand op die toneel blus. Sipho Towa, EMS-woordvoerder, sê die pad is gesluit. Die vragmotorbestuurder is in die ongeluk beseer. 

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Diegene wat vanaf Smithfield reis, word aangeraai om die R717 oor Edenburg na Bloemfontein te neem. Diegene wat vanaf Bloemfontein op pad is, kan met die N1 na Edenburg ry en dan die R717 na Reddersburg.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.